Ongeprosesseerde kos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wat ons eet het baie te doen met hoe ons voel. Ons het die regte voedsel nodig om gesond te wees, ’n sterk liggaam te hê, en om helder gedagtes te hê. Die beste manier om alles wat ons nodig het in te kry, is deur die voedsel wat ons eet.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
![]() |
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
As mens ’n heel, rou appel met sy skil aan eet, eet jy onverwerkte voedsel. ’n Appel is verwerk as dit gedroog, geblik, gevries, in ’n appelpastei gebak, in ʼn slaai opgesny of versap is. Kos wat van plante en diere kom en nog heeltemal rou is, is onverwerk. Sodra ons kos kook en ander dinge byvoeg, verwerk ons die kos. Kos word ook in fabrieke verwerk.
Daar is baie voordele om rou, ongeprosesseerde kosse te eet. Dit help die liggaam om jonger te voel en lyk terwyl jy nog steeds lekker kos geniet. Jy hoef nie bekommerd te wees oor hoeveel kos jy eet of hoeveel kalorieë jy inneem nie. Jy sal vinnig begin gewig verloor en dit af hou. Verder, as jy baie groente eet en ʼn verskeidenheid rou kosse, kry jy al die proteïen wat jou liggaam benodig.
Om rou kosse te eet het baie gewild geraak. Selfs as jy baie vrugte en groente in jou dieet inneem, maar dit kook, kry jy nie al die voedingstowwe wat elke kos bied nie. Wanneer jy jou kos kook vernietig jy ensieme, baie vitamiene en proteïene. Dit beteken dat jou liggaam minder voedingstowwe kry en harder moet werk om die kos te verteer en die proteïene af te breek. Met rou kosse kry jy meer voedingstowwe en jou liggaam sal dit voel. In hul boek ʼn Gids tot Versapping, Rou Kosse en Superkosse (2013) bespreek Geoff en Vicky Wells ʼn paar voordele van rou kosse.