![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7d/Olympic_Stadium_%2528London%2529%252C_16_April_2012.jpg/640px-Olympic_Stadium_%2528London%2529%252C_16_April_2012.jpg&w=640&q=50)
Olimpiese Stadion (Londen)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Londen se Olimpiese Stadion, ook bekend as Londen-stadion, is in die Queen Elizabeth Olympic Park in Stratford, Londen, in die Verenigde Koninkryk geleë. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere atletiek-items is hier aangebied. Die stadion het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk maak (na Wembley-stadion en Twickenham-stadion). Die stadion het as gasheer vir verskeie Rugbywêreldbeker 2015-wedstryde gedien en het ook die Wêreldatletiekkampioenskappe van 2017 gehuisves.
Kitsfeite Bynaam, Ligging ...
Olimpiese Stadion | ||
![]() | ||
Lugfoto van die stadion in April 2012 | ||
Bynaam | Londen-stadion | |
---|---|---|
Ligging | Stratford, Londen | |
Koördinate | 51.5386°N 0.0164°W / 51.5386; -0.0164 | |
Eienaar | Greater London Authority | |
Operateur | London Legacy Development Corporation (LLDC) | |
Kapasiteit | 80 000 | |
Oppervlak | Baan en veld (gras) | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 2007 | |
Gebou | 2008–2011 | |
Geopen | 2011 | |
Renovasie | 2013–2016 | |
Boukoste | £486 miljoen[1] | |
Argitek | Peter Cook en Populous | |
Struktuuring. | Buro Happold | |
Dienste-ing. | Buro Happold | |
Alg. kontrakteur | Sir Robert McAlpine, Balfour Beatty (omskakeling) | |
Hoofkontrakteurs | Sir Robert McAlpine Ltd | |
Huurders | ||
Olimpiese Somerspele 2012 Paralimpiese Somerspele 2012 Rugbywêreldbeker 2015 British Athletics (2015–) West Ham United (2016–) Wêreld Atletiek-kampioenskappe van 2017 |
Sluit