From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oemajjad-kalifaat (661–750 CE; VK: /ʊˈmaɪjæd,
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Omajjadiese Kalifaat.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Die Oemajjad het voortgegaan met die Moslem verowerings, en het Transoksiana, Sindh, die Maghreb en die Iberiese-skiereiland (Al-Andalus) geïnkorporeer in die moslem wêreld. Op sy grootste het die Oemajjad Kalifaat 11,100,000 km2 (4,300,000 vierkante myl) gedek, wat sowat 33 miljoen mense ingesluit het, [7] wat dit in terme van beide totale area en bevolking een van die grootste ryke in die geskiedenis gemaak het. Die dinastie was uiteindelik in 1750 omvergewerp deur 'n rebellie wat gelei is deur die Abbasied-dinastie. Oorlewendes van die dinastie het hulself in Cordoba in die vorm van 'n Emiraat gevestig en toe 'n Kalifaat, wat tot 1031 sou bly voortbestaan.
Die Oemajjad Kaliefs was as te sekulêr deur sommige van hul moslem onderdane beskou.[8] Christene, wat steeds 'n meerderheid van die Kalifaat se bevolking uitgemaak het, asook Jode, was toegelaat om hul godsdienste te beoefen maar moes 'n hoof-belasting (die jizya) betaal waarvan moslems vrygeskeld was.[9] Daar was egter die Moslem-eksklusiewe zakat belasting, wat eksplisiet geoormerk was vir verskeie Islamitiese sosiale welsynsprogramme.[9][10]
Mu'awija se vrou, Maysun bint Bahdal, (Yazid I se moeder) was ook 'n Christen. Verhoudinge tussen die Kalifaat se Moslem en Christen onderdane was in hierdie tydperk stabiel. Die Oemajjads was betrokke in gereelde gevegte met die Christelike Bisantyne sonder om hulself in Sirië te wil verdedig , wat grotendeels Christelik gebly het soos baie ander dele van die ryk. [9] Prominente poste was deur Christene gehou, en sommige het behoort aan families wat selfs in Bisantynse regerings gedien het. Die indiensneming van Christene was deel van 'n breër strategie van godsdienstige verdraagsaamheid en akkommodasie wat noodsaaklik gemaak was deur die teenwoordigheid van groot Christelike bevolkings in die verowerde provinsies, soos bv. in Sirië. Hierdie beleid het aan Mu'awija se gewildheid 'n hupstoot gegee en het Sirië as sy magsbasis versterk.[11][12]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.