OV3H
From Wikipedia, the free encyclopedia
OV3H is ‘n lees- en begripsmetode vernoem na die vyf stappe: Oorsig, Vrae, Herlees, Herroep en Hersien. Die metode is die eerste keer in 1946 deur Francis Pleasant Robinson in sy boek Effective Study bekendgestel na aanleiding van beginsels wat in die 1930's gedokumenteer is.[1][2][3]
Die metode is aanvanklik vir kollege-studente geskep, maar kan ook deur laerskoolleerlinge ingespan word sodra hulle langer en meer komplekse tekste begin lees (rondom graad vier).[4]