Nuwe administratiewe hoofstad
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nuwe administratiewe hoofstad (Arabies: العاصمة الإدارية الجديدة, Al-ʿĀṣima al-ʾIdāriyya al-Jadīda) is die projeknaam vir die oprigting van 'n nuwe hoofstad in Egipte wat sedert 2015 in aanbou is.[1] Dit is deur die destydse Egiptiese minister vir behuising, Mostafa Madbouly, tydens die Konferensie oor ekonomiese ontwikkeling in Egipte op 13 Maart 2015 aangekondig.[2] Die nuwe hoofstad word beskou as een van die programme en projekte vir ekonomiese ontwikkeling, en is deel van 'n groter inisiatief met die naam Egiptiese Visie 2030.[3]
Die nuwe hoofstad van Egipte het nog nie 'n naam nie. 'n Kompetisie is op die nuwe hoofstad se webwerf geloods om 'n nuwe naam en logo vir dié stad te kies. 'n Jurie van spesialiste is saamgestel om die voorstelle wat op die lys ingedien is, te evalueer en om die beste onder al die voorstelle te bepaal.[4][5] Die Egiptiese regering het egter nog geen amptelike uitslae bekend gemaak nie.
Die nuwe stad sal 45 km oos van Kaïro en net buite die Tweede Groter Kaïro-ringweg, in 'n grootliks onontwikkelde gebied halfpad na die hawestad Suez, geleë wees. Volgens die planne word die stad die nuwe administratiewe en finansiële hoofstad van Egipte wat die belangrikste regeringsdepartemente en ministeries, asook buitelandse ambassades huisves. Op 'n totale oppervlakte van 700 km² (270 myl²) sal daar 'n bevolking van sowat 6,5 miljoen wees, hoewel dit na raming tot sewe miljoen sal kan styg.[6][7]
Die belangrikste en amptelike rede vir die begin van die projek is die opeenhoping in Kaïro, wat reeds een van die wêreld se besigste stede is, te verlig, met die verwagting dat die bevolking van Groter Kaïro in die komende dekades sal verdubbel.[8][9] Kaïro, ter vergelyking, het 'n bevolking van sowat 20 miljoen.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.