![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/88/Egypt-Nubian_wedding.jpg/640px-Egypt-Nubian_wedding.jpg&w=640&q=50)
Nubiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nubiërs is 'n etnies-linguistiese groep van Afrikane inheems aan die hedendaagse Soedan en suidelike Egipte wat afkomstig is van die vroeë bevolking van die sentrale Nylvallei, wat as een van die vroegste wieë van die beskawing beskou word.[1] Hulle besig Nubiese tale, 'n tak van die Nilo-Sahariese taalfamilie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6a/Old_Nubian_manuscript.jpg/320px-Old_Nubian_manuscript.jpg)
Nubiërs | |
---|---|
![]() 'n Nubiese huwelik by Aswan, Egipte | |
Totale bevolking: | 1,7 miljoen sprekers van Nubiese tale (volgens Ethnologue in 1996) |
Belangrike bevolkings in: | ![]() |
Taal: | Nubies (Nobiin, Kenzi, Dongolawi, Midob, Bergnubies) Arabies (Soedanese Arabies, Egiptiese Arabies) |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Islam (Soenni en Soefi) |
Verwante etniese groepe: | Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke • Egiptenare en Kopte |
Vroeë Neolitiese nedersettings van die prehistoriese Egipte uit 7000 v.C. is is in die sentrale Nubiese gebied al opgegrawe, waarvan Wadi Halfa glo die oudste in die sentrale Nylvallei is.[2] Dele van Nubië, soos Ta-Seti (die eerste nomos of administratiewe streek in Antieke Egipte), was dwarsdeur die dinastiese tydperk deel van die Antieke Egipte. Ander dele van Nubië, veral Benede- en Bo-Nubië, was ten tye deel van die Antieke Egipte en op ander tye 'n mededingende staat wat dele van Meroë of Koesj verteenwoordig het. Onder die 25ste Dinastie van Egipte is egter die hele Nubië, tot by die hedendaagse Khartoem, met Egipte verenig.[3]
Aan die einde van die dinastiese tydperk het Bo-Nubië van Egipte weggebreek. In hierdie tydperk het die Nubiërs 'n eie dinastie gestig wat Bo- en Benede-Egipte in die agtste eeue v.C. sal regeer.[4] Die antieke Nubiese krygers was vir hul vaardigheid en akkuraatheid met die pyl en boog bekend.[5]
In die Middeleeuse het die Nubiërs Christene geword en drie koninkryke gestig: Nobatië in die noorde, Makurië in die sentrum en Alodië in die suide.
Vandag bly Afrikane van Nubiese herkoms veral in suidelike Egipte, in besonder in die gebiede rondom Luxor en Aswan, asook in noordelike Soedan, hoofsaaklik in die streek tussen die stede Wadi Halfa op die Egipties-Soedanese grens en al Dabbah. Daarbenewens bly verskeie groepe soos die Berg-Nubiërs in die noordelike Nuba-gebergte en in die Suid-Kordofan-deelstaat van Soedan.[6] Die Nubiërs se hoofgroepe van noord na suid is die Kenzi, Faadicha (Halfawi), Sukkot, Mahas en Danagla.[7]