Nowokoeznetsk
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nowokoeznetsk (Russies: Новокузнецк) is ’n stad in Kemerowo-oblast in Rusland met ’n inwonertal van 550 213 (2014). Dit is sowat 3 000 km oos van Moskou geleë.
Nowokoeznetsk Новокузнецк | |
---|---|
Stad | |
Metalloergof-prospekt in Nowokoeznetsk. | |
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland | |
Koördinate: 53°45′0″N 87°07′0″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kemerowo-oblast |
Stigting | 1618 |
Stadstatus | 1929 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Sergei Koeznetsof |
Oppervlak | |
• Totaal | 424 km2 (164 vk. myl) |
Hoogte | 200 m (700 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 550 213 |
• Digtheid | 1 328/km2 (3 440/vk. myl) |
Tydsone | UTC+07:00 (OMST) |
Poskode | 6540xx |
Skakelkodes | 7 3843 |
Webwerf | admnkz.ru |
Die stad is in 1618 gestig deur die inwoners van Tomsk as ’n Kosak-fort aan die Tom-rivier en is aanvanklik Koeznetsk (Кузне́цк) genoem. Fjodor Dostojefski is in 1857 hier met sy eerste vrou, Maria Isajewa, getroud. Josef Stalin se vinnige industrialisasie van Rusland in die 1930's het die rustige dorp in ’n groot steenkoolmynbou- en nywerheidstad verander. Van 1931 tot 1932 was dit bekend as Nowokoeznetsk en van 1932 tot 1961 as Stalinsk (Ста́линск) ter ere van Stalin.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.