![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg/langaf-640px-Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg.png&w=640&q=50)
Norma-Cygnus-arm
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Norma-Cygnus-arm, wat die Norma-, Cygnus- en Buitenste Arm insluit, is een van die klein spiraalarms van die Melkweg.[1] Die binneste deel is bekend as die "Norma-arm" en die buitenste deel as die "Cygnus-arm". Die "Buitenste Arm" lê nog verder wag van die kern van die Melkweg.[1]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg/320px-Milky_Way_Arms_ssc2008-10.svg.png)
Die Melkweg is ’n staafsterrestelsel met twee groot en ’n paar kleiner[1] strome uitgespreide sterre, gas en stof wat vanaf die lang staaf in die middel na buite kronkel en spiraalarms genoem word.