Ninoy Aquino Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ninoy Aquino Internasionale Lughawe (NAIA) (IATA: MNL – ICAO: RPLL) oorspronklik bekend as Manila Internasionale Lughawe, is die belangrikste internasionale lughawe wat die Manila-metropolitaanse gebied in die Filippyne bedien. Geleë tussen die stede Pasay en Parañaque, 7 km suid van Manila en suidwes van Makati, is dit die hoofpoort vir reisigers na die Filippyne en dien as 'n spilpunt vir lugrederye soos AirSWIFT, Cebgo, Cebu Pacific, PAL Express en Philippine Airlines.
Kitsfeite Ninoy Aquino Int. Lughawe Paliparang Pandaigdig ng Ninoy Aquino, IATA: MNL – ICAO: RPLL ...
Ninoy Aquino Int. Lughawe Paliparang Pandaigdig ng Ninoy Aquino | |||
---|---|---|---|
Lugfoto in Januarie 2023 | |||
IATA: MNL – ICAO: RPLL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar / Militêr | ||
Eienaar/Operateur | Manila International Airport Authority | ||
Bedien | Groter Manila-gebied | ||
Ligging | Parañaque en Pasay, Metro Manila, Filippyne | ||
Geopen | 1948 | ||
Spil vir |
| ||
Fokuspunt vir | Philippines AirAsia | ||
Tydsone | PHT (UTC+08:00) | ||
Hoogte bo seevlak | 23 m / 75 vt | ||
Koördinate | 14°30′30″N 121°01′11″E | ||
Webtuiste | www | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 3,737 | 12,260 | Asfalt/beton |
13/31 | 2,258 | 7,408 | Asfalt/beton |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 30,961,467 61.76% | ||
Lugbewegings | 246,724 50.92% | ||
Vrag (in ton) | 402,732.26 31.55% | ||
Bron: Manila International Airport Authority[1] |
Sluit
Dit is vernoem na die voormalige Filippynse senator Benigno "Ninoy" Aquino Jr., wat op 21 Augustus 1983 by die lughawe vermoor is. NAIA word bestuur deur die Manila Internasionale Lughawe-owerheid (MIAA), 'n agentskap van die Departement van Vervoer (DOTr).[2]