From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nigerrivier (Engels: Niger River, Frans: (le) fleuve Niger [(lə) flœv niʒɛʁ]) is 'n groot suid-vloeiende rivier in Wes-Afrika. Die rivier, met 'n lengte van 4 180 km (2 597 myl), is ná die Nylrivier en die Kongorivier die derde langste rivier in Afrika. Beide die lande Niger en Nigerië, geleë langs die rivieroewers, is daarna genoem.
Nigerrivier | |
---|---|
Die Nigerrivier naby Koulikoro, Mali. | |
Die stroomgebied van die Nigerrivier. | |
Oorsprong | Darogebergte (Guinee) |
Monding | Nigerdelta, Nigerië Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Guinee, Mali, Niger, Benin, Nigerië |
Lengte | 4 180 km (2 597 myl) |
Oorspronghoogte | 745 m (2 444 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 5 589 m³/s (197 374 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 2 117 700 km² (817 649 myl²)[1] |
Kaart van die Nigerrivier-bekken in Afrika. |
Die Nigerrivier ontspring in die Hooglande van Guinee, net oos van die grens met Sierra Leone. Die rivier begin in 'n noordoostelike rigting vloei deur Guinee tot by die grens van Mali. Hier bereik die Nigerrivier dié land se hoofstad, Bamako, en vloei verder in 'n noordoostelike rigting tot by Timboektoe. Net oos hiervan bereik die rivier sy noordelikste punt in die suidelike deel van die Sahara-woestyn en draai in 'n suidoostelike rigting. Naby Gao vloei dit deur die Sahelstreek en kruis Niger se grens. Hier vloei die rivier deur Niamey, die hoofstad van Niger. Aansluitend vorm die rivier gedeeltelik die grens tussen Benin en Niger en bereik die drielandepunt tussen Niger, Burkina Faso en Benin. Die rivier bereik Nigerië en verlaat die Soedangebied, wat deur 'n reënwoud opgevolg word. In die suidelike sentrum van Nigerië net suid van die hoofstad Abuja, mond die Benuerivier, die Nigerrivier se grootste sytak, uit. Vanaf hier vloei die rivier in 'n suidelike rigting en mond in die uitgestrekte Nigerdelta naby die hawestad Port Harcourt in die Golf van Guinee uit.
Die Nigerrivier word in Manding Jeliba of Joliba ("Groot Water"), Orimiri of Orimili ("Groot Water") in Igbo, Egerew n-Igerewen ("rivier van riviere") in Toearegs, Isa Ber ("groot rivier") in Songhay, Kwara in Hausa en Oya in Joroeba genoem. Die naam is vermoedelik afgelei van die Latynse woord niger vir swart of die Toearegse woord Egerew n-igerewen, wat vir die middelloop rondom Timboektoe gebruik is. Timboektoe was vroeër die suidelike einde van die Trans-Sahara-handel met die westelike Middellandse See en bron van die meeste Europese kennis in die gebied.
Europese magte het geglo dat die Sénégalrivier die mondingsrivier van die Nigerrivier is in die tyd toe hulle in die 16de en 17de eeu skepe langs die kus van Wes-Afrika begin stuur het. Mungo Park het in die 18de eeu die eerste Europese ontdekkingsreisiger geword wat die Nigerrivier vir die eerste keer in sy hele loop bevaar en destydse ryke besoek het. Daardeur is die verloop van die Nigerrivier verken.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.