Nico Hülkenberg
Duitse renjaer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Nico Hülkenberg (Duitse uitspraak: [Niko hʏlkənbɛɐ̯k], gebore 19 Augustus 1987) is 'n Duitse professionele renjaer wat van 2017 tot 2019 vir die Renault Formule 1-span gejaag het, en was die reserwejaer vir die Aston Martin F1-span vir die jaar van 2022.
Nico Hülkenberg | |
---|---|
Hülkenberg by die 2016 Maleisiese Grand Prix | |
Geboortedatum | 19 Augustus 1987 (1987-08-19) (36 jaar oud) |
Geboorteplek | Emmerich am Rhein, Wes-Duitsland |
Volle naam | Nicolas Hülkenberg |
Nasionaliteit | Duitser |
Aktiewe jare | 2010–tans |
Ou span(ne) | Force India-Mercedes[1] Renault F1[2] Aston Martin F1 |
Span in 2024 | Haas |
Motornommer | 27 |
Inskrywings | 214 (211 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 0 |
Loopbaanpunte | 536 |
Voorste wegspronge | 1 |
Vinnigste rondtes | 2 |
Eerste F1-wedren | 2010 Bahreinse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Monaco Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 16de (9 punte) |
In 2015 het hy ook aan twee rondtes van die 2015 Wêreldbeker-FIA-uithoukampioenskapseisoen vir Porsche deelgeneem, en wen die 2015 Le Mans 24-uur in sy eerste poging. Hy was die 2009-kampioen in die GP2-reeks, en is 'n vorige kampioen van beide die Formule 3 Euro-reeks en A1 Grand Prix, as deel van A1-span Duitsland. Hy is een van ses jaers sedert 2005 wat die GP2-reeks/Formule 2-kampioenskap in sy debuutseisoen gewen het, die ander is Lewis Hamilton, Nico Rosberg, Charles Leclerc, George Russell en Oscar Piastri.