Nichiren
Japannese Boeddhistiese hervormer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Nichiren (日蓮; 6 April 1222 – 21 November 1282) was ’n Boeddhistemonnik wat tydens die Kamakura-tydperk (1185–1333) in Japan gelewe het. Hy het toewyding gepredik aan die Lotus-soetra, wat na bewering Gautama Boeddha se leringe aan die einde van sy lewe bevat, as die enigste manier om verligting te behaal.[2][3]
Kitsfeite
Nichiren (日蓮) | ||
’n Skildery van Nichiren (Kuon-ji, Minobu, Yamanashi). | ||
Skool | Mahayana, Tendai, Nichiren-Boeddhisme | |
Persoonlik | ||
Nasionaliteit | Japannees | |
Gebore | 6 April 1222[1] | |
Oorlede | 21 November 1282 (op 60) | |
Loopbaan | ||
Gebaseer | Japan | |
Titel | Nichiren Shōnin, Nichiren Daishōnin, Nichiren Daibosatsu, Risshō |
Sluit
Nichiren het geglo dié soetra bevat die kern van alle leringe van Gautama Boeddha wat met die wette van oorsaaklikheid (karma) verband hou en lei alle mense sonder onderskeid na verligting.[4][5][6][7][8] Dié toewyding aan die soetra behels die dreunsing van Namu Myōhō Renge Kyō ("eerbetoon aan die Lotus-soetra"), ’n frase waarna as die daimoku verwys word, as die essensiële beoefening van die leringe.[9]