From Wikipedia, the free encyclopedia
Neurowetenskap (of neurobiologie) is die wetenskaplike bestudering van die senuweestelsel. Dit is ’n multidissiplinêre tak van biologie[1] wat te doen het met die anatomie, biochemie, molekulêre biologie en fisiologie van neurone en neurale netwerke. Dit steun ook op ander terreine soos wiskunde, farmakologie, fisika, ingenieurswese en psigologie.[2][3][4][5][6][7]
Die omvang van neurowetenskap het mettertyd vergroot om verskillende benaderings in te sluit tot molekulêre, sellulêre, ontwikkelings-, strukturele, evolusionêre, funksionele, rekenaars-, psigososiale en mediese aspekte van die senuweestelsel. Dit het ook aanleiding gegee tot ander dissiplines soos neuro-opvoeding,[8] -etiek en -regte.
Vanweë die toenemende getal wetenskaplikes wat die senuweestelsel bestudeer, is verskeie vooraanstaande organisasies gestig om ’n forum vir alle neurowetenskaplikes en –opvoeders te verskaf. Die Internasionale Breinnavorsingsorganisasie is byvoorbeeld in 1960 gestig, die Internasionale Vereniging vir Neurochemie in 1963[9] en die Vereniging vir Neurowetenskap in 1969.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.