Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Nephthys was in die Egiptiese mitologie ’n lid van die Ennead van Heliopolis, ’n dogter van Noet en Geb. Sy is saam met haar suster, Isis, verbind met begrafnisrituele[1] vanweë haar rol as die beskermer van mummies en die god Osiris, en as die suster en vrou van Set.
Nephthys | |||||
Nephthys is gewoonlik uitgebeeld as ’n jong vrou met ’n hoofbedekking in die vorm van ’n huis en mandjie. | |||||
Soort godin | Egipties | ||||
Godin van | Die dood, diens, weeklag en die nag | ||||
Naam in hiërogliewe | |||||
Simbool | Die huis, mummieverbande | ||||
Ouers | Geb en Noet | ||||
Sibbes | Isis, Osiris, Haroeris, Set | ||||
Metgesel | Set | ||||
Kinders | Anoebis | ||||
|
Teen die tyd van die 5de-dinastiese Piramidetekste het Nephthys haar verskyning gemaak as godin van die Ennead. Sy is beskryf as ’n godin van goddelike hulp en beskerming. Sy word in sommige mites beskou as die ma van die begrafnisgod, Anoebis.[2][3]
As hoofversorger van die farao-god Horus was Nephthys ook die versorger van die heersende farao.[4] Soms is sy uitgebeeld as ’n gevaarlike godin wat die farao se vyande met haar vurige asem kon verbrand.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.