Die Nasionale Sequoia-park (Engels: Sequoia National Park) is 'n nasionale park in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, geleë oos van die San Joaquin-vallei in die suidelike Sierra Nevada.[3] Die park, wat op 25 September 1890 gevestig is, beslaan 'n oppervlakte van 631,35 myl² (1 635,2 km²). Met 'n vertikale reliëf van byna 13 000 voet (4 000 m) behels die park onder meer die hoogste punt in die 48 samehangede vastelandse Amerikaanse deelstate, Mount Whitney, op 14 505 voet (4 421 m) bo seevlak.

Thumb
'n Gevalle reuse-sequoiaboom kan nie maklik verwyder word nie en vereis besondere padboumaatreëls
Kitsfeite Nasionale Sequoia-park Sequoia National Park, Koördinate: 36°33′53″N 118°46′24″W ...
Nasionale Sequoia-park
Sequoia National Park
Thumb
Reuse-sequoias in die Nasionale Sequoia-park
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Provinsie Kalifornië
Naaste dorp Visalia
Thumb
Nasionale Sequoia-park
Nasionale Sequoia-park
Die Nasionale Sequoia-park se ligging in die VSA
Koördinate: 36°33′53″N 118°46′24″W
Oppervlak 1 635;19 km²[1]
Openingsjaar 25 September 1890
Besoekerstal 1 291 256[2]
Besoekersjaartal 2017
Bestuursliggaam Nasionale Parkdiens
Webblad www.nps.gov
Sluit

Die Nasionale Sequoia-park grens in die noorde aan die Nasionale Kings Canyon-park. Die twee parke word deur gemeenskaplik deur die Verenigde State se Nasionale Parkdiens (National Park Service) bestuur as die Sequoia and Kings Canyon National Parks. In 1976 is hulle deur Unesco as die Sequoia-Kings Canyon-biosfeerreservaat gelys.

Die Nasionale Sequoia-park word veral geassosieer met reuse-sequoiabossies, gemengde koniferebosse waarin reuse-sequoiabome (Sequoiadendron giganteum) groei.[4] Hierdie boomsoort is beperk tot die westelike hellings van die Kaliforniese Sierra Nevada-bergreeks, met 'n natuurlike habitat wat op hoogtes tussen 4 000 en 8 000 voet (1219 en 2438 m) bo seevlak geleë is. In die meeste bossies kom reuse-sequoias minder voor as ander boomsoorte, maar is nogtans die opvallendste en indrukwekkendste bome danksy hulle grootte. Binne die parkgrense is daar sowat veertig sequoiabossies, met tussen een en tienduisende reusebome, waarvan sommige deur 'n netwerk van paaie vir besoekers ontsluit word en ander slegs via staproetes.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.