Nasionale Raad van Provinsies
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) is die hoërhuis van die Parlement van Suid-Afrika. Die NRVP is in Kaapstad, die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika gevestig.
In 1997 word die destydse hoërhuis van die Suid-Afrikaanse parlement, die Senaat, met die NRVP vervang. Alle senatore het met onmiddellike ingang lidmaatskap van die NRVP verkry.
Die NRVP se vergaderings word deur 'n voorsitter gelei. Die voorsitter tans is Amos Masondo van die ANC. Hy beklee die amp sedert 2019. Sy voorganger is Thandi Modise. Die adjunkvoorsitter van die NRVP is Sylvia Lucas. Cathlene Labuschagne van die Demokratiese Alliansie is die opposisieleier.