Nasionale Etruskiese Museum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Etruskiese Museum (Italiaans: Museo Nazionale Etrusco) is ‘n museum in Rome wat hoofsaaklik gewy is aan die antikwiteite van die pre-Romeinse tydperk van antieke Umbrië, Latium, en suidelike Etruske. Dit word gehuisves in die Villa Giulia, of Villa di Papa Giulio (Pous Julius), wat in die middel van die 16de eeu vir Pous Julius III gebou was. Die museum word al sedert 1889 in die villa gehuisves. Die gevierde beeldhouwerke wat gehuisves word, sluit die geverfde terracotta Apollo en Hercules van Formello (Veii); wat in 1916 en 1939 opgegrawe is en as een van die beste voorbeelde van laat 6de eeuse of vroeë 5de eeuse Etruskiese beeldhouwerke beskou word; in. Daar is ook ‘n pragtige terracotta sarkofaag wat manlike en vroulike figure tentoonstel wat in ‘n feestelike bui verkeer, welke ‘n rare voorbeeld van die nekropolis by Caere is. Die versameling bestaan uit verskeie artefakte soos vase, bronswerke, borswering, spieëls en standbeelde. Die pragtige versameling Griekse vase sluit die bekende Chigi-vaas in wat by Veii gevind is. Dit is ‘n goeie voorbeeld van Proto-Korintiese vaas-skilderwerk wat vanuit die eerste helfte van die 6de eeu v.C. dateer. Die Castellani-versameling bestaan uit Griekse vase. [1]