Nanjingmens
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nanjingmens (Homo erectus nankinensis) is 'n subspesie van Homo erectus wat in China ontdek is. Groot fragmente van een manlike en een vroulike skedel en 'n kiestand van H. e. nankinensis is in 1993 in die Hulugrot in die distrik Jiangning, Nanjing, gevind. Die term Nanjingmens verwys na die subspesie, maar ook na die drie fossiele. Die spesimens is in die Hulugrot van kalksteen ontdek op 'n diepte van 60-97 cm deur Liu Luhong, 'n plaaslike werker.[1] Die fossiele is sowat 580 000 tot 620 000 jaar oud.[2]
Meer inligting Algemene naam, Katalogusnommer ...
Algemene naam | Nanjingmens |
---|---|
Katalogusnommer | Nanjing 1, 2, 3 |
Spesie | Homo erectus nankinensis |
Ouderdom | 580 000 - 620 000 jaar |
Plek ontdek | Jiangning-distrik, Nanjing, China |
Datum ontdek | 1993 |
Ontdek deur | Liu Luhong |
Sluit