Naiade (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Naiade (ook bekend as Neptunus III en voorheen S/1989 N 6) is die heel binneste maan van Neptunus, op ’n afstand van 48 224 km van die planeet se middelpunt af. Die maan het ’n sinchroniese rotasie, wat meebring dat sy wentelbaan al hoe kleiner word; eindelik sal dit teen die planeet se atmosfeer bots en ’n nuwe ring van Neptunus word. Die maan is genoem na die naiades van die Griekse mitologie.[7]
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
Naiade, soos gesien deur Voyager 2 (langwerpige vorm weens smering). | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Voyager-span |
Datum | September 1989 |
Kleinplaneet-benaming | Neptunus III |
Etimologie | Naiades |
Wentelbaaneienskappe[1][2] | |
Epog 18 Augustus 1989 | |
Halwe lengteas | 48 224,41 km |
Wentelperiode | 0,2943958 ± 0,0000002 d |
Baanhelling | 4,75 ± 0,03° (tot Neptunus se ewenaar) |
Satelliet van | Neptunus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 96 × 60 × 52 km[3][4] |
Gem. radius | 30,2 ± 3,2 km[2] |
Gem. digtheid | 0,8±0,48 g/cm3[5] |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Ashelling | 0 |
Temperatuur | gemiddeld ~51 K (geraam) |
Skynmagnitude | 23,91[6] |
Sluit