Die NG gemeente Zastron is ’n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk . Dit is in 1894 gestig (volgens Ons Kerk Album [1917] 29 November 1893 ) as die 35ste gemeente in die Vrystaatse Kerk en die derde laaste voor die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902). Dit is een van 10 gemeentes wat in die dekade ná 1890 in die Vrystaat tot stand gekom het.
Mev. pres. Jan Brand , gebore Johanna Zastron, na wie die dorp genoem is.
Ds. John du Plessis , die later so omstrede hoogleraar van die Stellenbosse Kweekskool , was van 1894 tot 1899 Zastron se eerste leraar.
Zastron se NG kerk, afgeneem omstreeks 1917, sowat twee jaar nadat dit voltooi is. Die argitek was Walter Donaldson van Ficksburg .
Ds. P.A.M. de Vos, van 1899 tot 1929 Zastron se tweede leraar.
Die kerkgebou tydens verfwerk omstreeks 2000.
Prof. P.J.G. de Vos was die vader van Zastron se tweede NG leraar, ds. P.A.M. de Vos en het ook die inwyding van die derde kerk in Januarie 1915 waargeneem.
Prof. J.I. Marais het die orrel in die derde kerk in 1915 ingewy terwyl prof. P.K. de Villiers dit bespeel het.
Ds. Jacob Rabie was van 1930 tot 1945 Zastron se derde NG leraar.
Ds. J.A.J. McDonald, van 1946 tot 1950 die gemeente se vierde leraar.
Ds. P.L. Cilliers, van 1951 tot 1957 Zastron se vyfde leraar.
Ds. S.A. Opperman, 1957 tot 1961 die sesde leraar.
Ds. Johan Gregorius Bezuidenhout , leraar van 1965 tot 1969.
Ds. N.F.P. Burger was die gemeente se leraar van 1979 tot sy aftrede in April 1986. Dit was sy sesde gemeente sedert 1952.