Die NG gemeente Rouxville is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Suidoos-Vrystaat binne die Ring van Smithfield, waarvan dit die vierde oudste gemeente is, naas Smithfield, Bethulie en Edenburg. Met sy stigting in 1870 was Rouxville die 14de gemeente in die Vrystaat en die 99ste in Suid-Afrika.
Die NG Kerkkamers huisves onder meer die gemeente se kerkkantoor.
Die kerkgebou se hoeksteen is in 1879 gelê deur die eerste leraar, ds. Charles Morgan. Die argitek was Richard Wocke.
Syaansig van Rouxville se byna 140 jaar oue NG klipkerk.
Een van die talle sierlike grafte rondom die kerk is dié van ds. George Morgan, die eerste leraar se vader en 16 jaar lank leraar van die NG gemeente Somerset-Oos.
Ds. Charles Morgan het die kerkgebou se hoeksteen gelê. Die teks, soos dit staan in die Statebybel wat destyds in gebruik was, lui: "Ziet, Ik leg een grondsteen in Sion, een beproefden steen, een kostelijken hoeksteen, die wel vast gegrondvest is; wie gelooft, die zal niet haasten." ("Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.")
Ds. A.A.L. Albertyn, leraar van 1884 tot en met sy dood op 3 Mei1906.
Ds. H.S.M. Botha, leraar van 1907 tot sy aftrede in 1943. Sy enigste ander gemeente was Ugie van 1906 tot sy koms hierheen sowat 'n jaar later.