Die NG gemeente Bloemfontein (ook soms die Tweetoringkerk na sy kerkgebou genoem) is die vierde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaatse Sinode, maar slegs die 39ste in die Kerk. Die gemeente is op 30 November 1848 gestig, in dieselfde jaar as Fauresmith (11 Maart) en Smithfield (23 November).