Die NG gemeente Aurora is 'n gemeente in die Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die Sandveldse dorpie Aurora. Dis op 25 April1906 van die moedergemeente Piketberg afgestig, net 'n dag voor die gemeente Redelinghuys; daarom word soms na dié gemeentes as die tweeling van Piketberg verwys.