From Wikipedia, the free encyclopedia
Die N17 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Johannesburg, Gauteng, met Mbabane, eSwatini, via die Oshoekgrenspos. [1]
Nasionale roete N17 | ||||
---|---|---|---|---|
Roete-inligting | ||||
Onderhou deur SANRAL | ||||
Lengte | 330,66 km (205,46 mi) | |||
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | R55 / M17 / M11 Wemmerpanweg in Johannesburg | |||
N12 in Alberton N3 in Alberton N2 / N11 in Ermelo | ||||
Oospunt | MR3 by die Eswatini-grens naby Ngwenya | |||
Ligging | ||||
Stede | Johannesburg Germiston Springs Bethal Ermelo | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die N17 begin naby Wemmerpan, suid van City Deep. Die pad gaan suidoos en later oos tot dit onder deur die N12 nasionale pad gaan. Dit kruis dan die N3 nasionale pad by die Germiston/Randse Lughawe Wissellaar. Nou gaan die N17 verder oos en gaan suid van Germiston, Brakpan en Springs verby. Die N17 hou steeds oos verby Devon en gaan dan Mpumalanga binne.
Nou gaan die pad verby Leandra tot in Kinross. Die N17 hou steeds oos, verby Secunda en Trichardt tot in Bethal. Na ’n verdere 55 km bereik die N17 die dorp Ermelo. Hier kruis die pad die N11 nasionale pad en die beginpunt van die N2 nasionale pad. Die N17 swaai nou noordoos, kruis die Vaalrivier, amper by sy oorsprong, en gaan deur Chrissiesmeer. Warburton is 24 km verder oos en Lochiel 36 km verder. Hiervandaan is dit ongeveer 25 km tot by die Oshoekgrenspos.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.