![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Myrtus_communis.jpg/640px-Myrtus_communis.jpg&w=640&q=50)
Myrtaceae
From Wikipedia, the free encyclopedia
Myrtaceae is die bloekom en koejawel-familie wat hoort tot die orde Myrtales. Die familie bevat meer as 3 000 spesies wêreldwyd en kom hoofsaaklik in die tropiese areas voor. Vyf-en-twintig van die spesies kom in Suid-Afrika voor en slegs 20 is bome.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Genera ...
Myrtaceae | |
---|---|
![]() | |
Myrtus communis blare en blomme. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Myrtaceae Juss. |
Genera | |
Omtrent 130; sien teks. |
Sluit
Die familie is algemeen in Amerika (koejawelbome) en Australië (bloekombome), maar is skaars in Afrika. Baie van die spesies bevat olies wat in spesiale kliere in die jong lote, blomme en vrugte voorkom. Dié familie se plante voorsien naeltjies, wonderpeper, die olie wat gebruik word om lourierwater te produseer en terpentyngom.