Die Vlieg (Latyn: Musca) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit was een van die 12 sterrebeelde wat in die 16de eeu deur Petrus Plancius geskep is na aanleiding van waarnemings deur Pieter Dirkszoon Keyser en Frederick de Houtman.

Kitsfeite
Vlieg
Thumb
Latynse naamMusca
GenitiefMuscae
AfkortingMus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h
Deklinasie-70º
Grootte138 vk. grade (77ste)
KwadrantSQ3
Besonderhede
Hoofsterre6
Helderste sterAlpha Muscae (α Mus)
Naaste sterGliese 440
Sterre helderder as 3 m1
Sterre met planete1
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre13
Aangrensende sterrebeelde
Paradysvoël, Kiel, Sentour, Kameleon, Passer, Suiderkruis
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Ruimtevoorwerpe

Nova Muscae 1991 is ’n dubbelvoorwerp wat uit ’n ster en ’n swart gat bestaan. ’n Uitbarsting in 1991 het tot die ontdekking daarvan gelei. Die sterrebeeld bevat ook die ongewone planetêre newel NGC 5189, sowat 3 000 ligjare van die Aarde af, en die Uurglasnewel (MyCn 18), sowat 8 000 ligjare ver. Die relatief ou bolvormige sterreswerm NGC 4833 naby Delta Muscae is 21 200 ligjare ver en word effens verberg deur stofwolke.

Geskiedenis

Die Vlieg is in die laat 16de eeu deur Petrus Plancius voorgestel onder sy oorspronklike Latynse naam, Apis (die By), vir die voorheen ongekarteerde gebied om die suidelike hemelpool en as "voedsel" vir die sterrebeeld Kameleon. (Op 17de-eeuse kaarte word die kameleon se tong gewys wat probeer om die insek te vang.) In 1752 het Nicolas-Louis de Lacaille dit hernoem na Musca Australis (die Suidelike Vlieg) as teenvoeter vir die ou sterrebeeld Noordelike Vlieg, wat nou deel van die Ram is, en om verwarring te voorkom met Apus, die Paradysvoël. Die naam is later verkort na Musca.[1]

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.