From Wikipedia, the free encyclopedia
Murten (Frans: Morat; in die plaaslike Switserduitse dialek [mʊːrtə, moːrtə]; Frankoprovensaals ) is 'n nedersetting in die tweetalige Switserse kanton Freiburg (Frans: Fribourg) en die administratiewe setel van dié kanton se Meerdistrik (Duits: Seedistrikt, Frans: District du Lac). Van die bevolking praat 75 persent Duits en 15 persent Frans as huistaal.
Kaart | Wapen (Murten) |
Wapen (Meerdistrik) | |
Land | Switserland |
Kanton | Fribourg/Freiburg (FR) |
Distrik | Meerdistrik |
Koördinate | 46°55′N 07°07′O |
Stigting | 1157/1177 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 13,63 vk km |
Hoogte bo seevlak | 453 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 6 490[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 476/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Stadspresident (syndic) | Christian Brechbuehl |
Amptelike Webwerf | Murten |
Murten, wat sowat 35 km wes van die Switserse federale hoofstad Bern aan die gelyknamige meer geleë is, is oorspronklik tussen 1157 en 1177 deur die Huis van Zähringen gestig. Murten is nie net vanweë sy goed bewaarde historiese middestad en begaanbare stadsmuur uit die tydperk tussen die 13de en 17de eeu van nasionale belang nie, maar ook danksy die Slag van Murten waartydens die gekonfedereerde Switserse mag die troepe van die Boergondiese heerser Karel die Stoute in 1476, enkele maande ná hul eerste oorwinning naby Grandson, nog eens verpletterend verslaan het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.