From Wikipedia, the free encyclopedia
Die muntjak- of moentjakherte (Muntiacini) is ’n tribus van die hert-subfamilie Cervinae. Hulle kom hoofsaaklik in Suid- en Oos-Asië voor. Die tribus bevat twee genera:
Muntjakherte | |
---|---|
Die Sjinese muntjak (Muntiacus reevesi). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | Muntiacini |
Genera | |
Elaphodus |
Muntjakherte is voorheen beskou as ’n aparte subfamilie, Muntiacinae,[1] maar word nou as ’n tribus geklassifiseer.[2][3]
Die muntjak is ’n klein hert met eenvoudige gewei (horings). Dit kom net by die ramme voor en bestaan uit een stang met een of twee punte. Soos die waterhert het die muntjak aan die bokaak verlengde slagtande wat by die mond uitsteek.
Twee genera word onderskei: die eintlike muntjaks (Muntiacus) omvat 12 spesies, waarvan verskeie eers in die 1990's ontdek is. Die kuifhert (Elaphodus cephalophus) val in sy eie genus vanweë sekere eienskappe soos ’n groter lyf, kleiner hoektande en kleiner gewei.
Die tribus lyk soos volg:[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.