Mthatha
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mthatha (voorheen Umtata gespel,[2] die destydse hoofstad van die Transkei) is tans die setel van die Koning Sabata Dalindyebo Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die dorp het 'n lughawe, voorheen bekend as K. D. Matanzima-lughawe,[3] genoem na die eertydse Transkeise leier Kaiser Matanzima. Die N2 nasionale pad tussen Durban, Oos-Londen en Kaapstad deurkruis Mthatha.
Mthatha (Umtata) | |
---|---|
Stad | |
Die Nelson Mandela-museum in Mthatha | |
Koördinate: 31°34′S 28°46′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | O.R. Tambo |
Munisipaliteit | Koning Sabata Dalindyebo |
Stigting | 1876 |
Oppervlak | |
• Totaal | 54,97 km2 (21,22 vk. myl) |
Hoogte | 694 m (2 277 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 96 114 |
• Digtheid | 1 748/km2 (4 530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.0% |
• Indiërs/Asiërs | 1.2% |
• Bruin mense | 2.7% |
• Swart mense | 94.6% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 85.0% |
• Engels | 8.6% |
• Afrikaans | 1.1% |
• Gebaretaal | 0.9% |
• Ander | 4.4% |
Poskode (strate) | 5080 |
Poskode (posbusse) | 5080 |
Skakelkode | 047 |
'n Spoorlyn verbind die dorp sedert 1916 met Oos-Londen.
Die Mthathadam is ongeveer 8 kilometer stroomop van die dorp gebou.[4]
Die dorp het ontstaan om 'n buffersone te vorm, aangesien daar destyds groot onmin tussen die Pondo- en Temboestamme was. In 1875 is 'n magistraatkantoor geopen met JF Boyes as die eerste magistraat. Die dorp is in 1879 ontwikkel op die oewers van die Mthatharivier en het drie jaar later munisipale status verkry. Dit was 'n militêre kamp vir die Britse koloniale magte rondom 1882.
Mthatha word later die administratiewe hoofstad van die area en huisves beide die Anglikaanse en Rooms-Katolieke Kerk se katedrale. Dit word die setel van tradisionele owerhede tussen 1965 en 1970's en 'n nuwe parlementsgebou vir die Transkei word gebou, tot vandag toe bekend as die Bunga.
'n Tak van die Universiteit van Fort Hare is destyds op die dorp geopen en na onafhanklikheid van die Transkei in 1977 word dit die Universiteit van Transkei, wat sedertdien saamgesmelt het as die Walter Sisulu-universiteit vir Wetenskap en Tegnologie.
Die distrik van 1 770 km2 is geskik vir vee- en skaapboerdery en graanverbouing.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.