![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/Mouille_Point_Lighthouse.jpg/640px-Mouille_Point_Lighthouse.jpg&w=640&q=50)
Mouillepunt-vuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mouillepunt-vuurtoring was 'n vuurtoring in Mouillepunt in Kaapstad, Suid-Afrika, wat in 1842 gebou en in 1908 gesloop is. Dit was aan die noordoostelike kant van Tafelbaai in Grangerbaai geleë. Die gevaarlike rotse by Mouillepunt het dit genoodsaak.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/Mouille_Point_Lighthouse.jpg/320px-Mouille_Point_Lighthouse.jpg)
Dit was die tweede vuurtoring wat in Suid-Afrika gebou is naas die Groenpunt-vuurtoring (1824). Dit was 'n ronde steentoring, omtrent 11 meter hoog. Die fondament kan nog gesien word voor die hotelskool van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.[1]