Morfeus ("Vormer", van die Griekse μορφή, morphe, "vorm")[1] is ’n god wat met slaap en drome verbind word. In Ovidius se Metamorfoses is hy die seun van Slaap en verskyn hy in menslike vorm in drome. Sedert die Middeleeue was hy beter bekend as die god van drome of van slaap.[2]
In Ovidius se Metamorfoses is Morfeus een van die duisend seuns van Somnus (Slaap).[3] Sy funksie was om in menslike vorm in drome te verskyn. Volgens Ovidius was niemand anders meer bedrewe as hy om die postuur, eienskappe, spraak en klere van mans na te maak nie.[4] Nes ander gode wat met slaap verbind is, het Ovidius vir Morfeus vlerke gegee.[5]
Ovidius het Morfeus en sy broers, die ander seuns van Somnus, die Somnia ("droomvorms") genoem en gesê hulle verskyn in drome en "maak baie vorms na".[6]
Ovidius het aan nog twee broers name gegee, maar dié drie broers se name word nooit voor Ovidius teengekom nie en is dalk deur Ovidius uitgedink.[7] Tripp noem die drie figure "letterkundige, nie mitiese begrippe nie".[8] Griffin stel egter voor hierdie verdeling van droomvorms tussen Morfeus en sy broers, wat moontlik hulle name ingesluit het, is van Hellenistiese oorsprong.[9]
Friedrich Sertürner het die naam van die opiaat morfien van Morfeus se naam afgelei.
Aurora wakes Morpheus deur Bartolomeo Altomonte (1769)
Morpheus and Iris, deur Pierre-Narcisse Guérin, 1811 Hermitage
Morpheus awakening as Iris draws near deur René-Antoine Houasse (1690)
Fresko in Florence: Charon's boat, the sleep of Night and Morpheus deur Luca Giordano (1684–1686)
Evening or Morpheus deur Charles Le Brun
Morpheus appears to Alcyone deur Virgil Solis vir Ovidius se Metamorfoses Boek XI, 650–749.
Morpheus appears to Alcyone deur Bauer vir Ovidius se Metamorfoses Boek XI, 633–676.
Britten Austin, Paul, The Life and Songs of Carl Michael Bellman: Genius of the Swedish Rococo. Allhem, Malmö American-Scandinavian Foundation, New York, 1967. ISBN 978-3-932759-00-0.