klipblok gemaak van een enkele stuk; voorwerp gemaak van een enkele rotsstuk. From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Monoliet is ’n geologiese verskynsel wat bestaan uit ’n enkele groot rots of klip, soos sommige berge, of ’n groot stuk rots wat byvoorbeeld as of in ’n museum of gebou gebruik word. Erosie ontbloot gewoonlik die geologiese formasies, wat dikwels uit baie harde en soliede metamorfe of stollingsgesteente bestaan.
In argitektuur kan dit verwys na ’n gebou wat uitgekap is en deel van die oorspronklike rots bly, soos ’n monolitiese kerk, of na buitengewoon groot klippe soos obeliske, standbeelde of kolomme wat uit steengroewe daarheen gebring is.
Die woord is afgelei van die Latynse monolithus, wat weer kom van die Antieke Griekse woord μονόλιθος (monolithos): μόνος ("een" of "enkele") + λίθος ("klip").
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.