Mongolië
land in Oos-Asië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mongolië, amptelik die Mongoolse Staat (Mongools: Монгол улс in Mongoolse Cyrillies; ᠮᠣᠩᠭᠣᠯ ᠤᠯᠤᠰ [mɔŋˈɢɔɮ ʊɮs] in Mongoolse skrif; Latynse alfabet: Mongol uls), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië en lê tussen Rusland in die noorde en die Volksrepubliek China in die suide. Die hoofstad en grootste stad is Ulaanbaatar (ook bekend as Oelan Bator, Russies: Улан-Батор), waar sowat 45% van dié land se bevolking woon.
| |||||
Volkslied: Монгол улсын төрийн дуулал (tr.: Mongol ulsyn töriin duulal) (Mongools vir: "Volkslied van Mongolië") | |||||
Hoofstad | Ulaanbaatar (Oelan Bator) | ||||
Grootste stad | Ulaanbaatar (Oelan Bator) | ||||
Amptelike tale | Mongools | ||||
Regering | Unitêre semi- presidensiële republiek[1][2][3] Ukhnaagiin Khürelsükh Luvsannamsrain Oyun-Erdene | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Xiongnu-ryk • Mongoolse Ryk • Onafhanklikheid verklaar van die Mantsjoe-Qing-ryk • Mongoolse Volksrepubliek • Huidige grondwet |
209 v.C. 1206 29 Desember 1911 26 November 1924 13 Februarie 1992 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 566 000 km2 (18de) 605 000 myl2 0,67 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
3 353 470[4] (134ste) 3 057 778[5] 2,07 / km2 (194ste) 5,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,737[7] (99ste) – hoog | ||||
Gini (2018) | 32,7[8] – medium | ||||
Geldeenheid | Tögrög (MNT ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+7/+8[9]) nie toegepas nie (UTC+8/+9[10]) | ||||
Internet-TLD | .mn, .мон | ||||
Skakelkode | +976 |
Mongolië het in 2020 'n bevolking van 3 353 677 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 566 000 km². Volgens oppervlakte is Mongolië naas Kasakstan die grootste land wat deur land omring word. Albei lande lê net sowat 37 km uitmekaar. Daarbenewens is Mongolië die ylbevolkste land ter wêreld.
Mongolië se gebied is ongeveer gelyk aan dié van die historiese gebied Buite-Mongolië en die term word soms gebruik om die onafhanklike land van die aangrensende Chinese outonome gewes Binne-Mongolië te onderskei. Die land se noorde word oorwegend gekenmerk deur steppe, terwyl die suide deur die Gobiwoestyn oorheers word.
Mongolië se geskiedenis is veral bekend vir die Mongoolse Ryk wat in 1206 deur Djengis Khan gestig is nadat hy die Mongoolse en Turkse volke in die gebied van die huidige Mongolië verenig het. Daarna het hy en sy opvolgers groot dele van Sentraal- en Wes-Asië, China, Korea en Oos-Europa verower.