Mona Lisa
wêreldberoemde olieverfskildery, geskilder deur Leonardo da Vinci From Wikipedia, the free encyclopedia
wêreldberoemde olieverfskildery, geskilder deur Leonardo da Vinci From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mona Lisa is 'n wêreldberoemde olieverfskildery, geskilder deur Leonardo da Vinci. Die gebruikte tegniek is olieverf op paneel (populierhout) en die afmetings is 77 × 53 cm. Leonardo het die skildery tussen 1503 en 1507 geskilder.
Mona Lisa |
Leonardo da Vinci, ongeveer 1503–1507 |
Olie op paneel, 77 × 63 cm |
Louvre |
Die skildery het veral beroemd geword vanweë die Mona Lisa se glimlag, wat dikwels as "geheimsinnig" beskryf word en besonders werklik voorkom. Wanneer die portret met ander eietydse portrette van die 16de eeu vergelyk word, is dit duidelik dat Leonardo sy eie tyd vooruit was, veral deur die gebruik van sy sfumato-tegniek. Dit is ook opvallend dat die horison aan die linkerkant laer lê dan aan die regterkant, waarskynlik om die houding van die model te benadruk.
Kunsliefhebbers het hulself al jare lank afgevra wie die model van die portret was: sommige het geglo dat dit Leonardo se moeder of sy geheime minnares was. Ander het weer geglo dat dit moontlik 'n "vroulike selfportret" van die groot meester is. In Januarie 2008 het navorsers aan die Universiteit van Heidelberg (in Duitsland) bekend gemaak dat hulle bewyse gevind het dat die model ene Lisa del Giocondo was. Sy was die vrou van 'n welaf Florentynse satynhandelaar, Francesco del Giocondo. Hulle het Leonardo opdrag vir die portret gegee om hulle nuwe huis en die geboorte van hulle tweede seun te vier.
'n Aantekening in die kantlyn van 'n ou boek wat in 2006 deur dr. Armin Slechter gevind is, verwys na Lisa del Giocondo as die model van die portret. Die boek was die destydse eiendom van Agostino Vespucci, 'n kennis van Leonardo wat vir die stadsbestuur in Florence gewerk het.[1]
Die opdraggewer het die skildery waarskynlik nooit in ontvangs geneem nie. Die rede is egter nie duidelik nie. Wat wel bekend is, is dat Leonardo die skildery saam met hom geneem het toe hy aan die hof van die Franse koning Frans I gaan werk het.
Op die langeduur het die skildery talle tuistes gehad. In die 16de eeu het dit in die Kasteel van Fontainebleau gehang. Dit het ook later 'n plekkie in die slaapkamer van Napoleon Bonaparte gehad, waarna dit 'n aantal dekades op 'n stowwerige solder gelê het. Sedert die 18de eeu word dit in die Franse nasionale museum, die Louvre, in Parys gehuisves.
In 1911 het die skilderye die hoofnuus gehaal toe dit helder oordag uit die Louvre gesteel is. Dit is twee jaar later in Italië gevind: 'n Italiaanse patriot het vas geglo dat die portret in sy land van oorsprong behoort. Dit is egter weer terug na die Louvre geneem, waar dit tot vandag agter beskermde glas hang.
In 2004 het die medewerkers hulle kommer uitgespreek aangaande die bewaringstand van die skildery: die populierhout waaruit die paneel bestaan is besig om krom te trek. Om die oorsaak daarvan uit te vind is reeds in April 2004 begin met 'n wetenskaplike en tegniese studie van die skildery.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.