From Wikipedia, the free encyclopedia
Mohammed bin Zayed Al Nahyan (Arabies: محمد بن زايد بن سلطان آل نهيان) (* Al Ain, 11 Maart 1961), dikwels na verwys as MbZ, is sedert 14 Mei 2022 die president van die Verenigde Arabiese Emirate en Emir van Aboe Dhabi.[1]
Mohammed bin Zayed Al Nahyan (محمد بن زايد بن سلطان آل نهيان) | |
President van die Verenigde Arabiese Emirate | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Mei 2022 | |
Voorafgegaan deur | Khalifa bin Zayed Al Nahayan |
---|---|
Emir van Aboe Dhabi | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Mei 2022 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 11 Maart 1961 Al Ain, Emiraat Aboe Dhabi |
Nasionaliteit | Verenigde Arabiese Emirate |
Eggenoot/-note | Salama bint Hamdan Al Nahayan |
Mohammed Al-Nahyan is gebore as die derde seun van Zayed bin Sultan Al Nahayan en die eerste by sy derde vrou, Fatima bint Mubarak Al Ketbi. Mohammed is 'n opgeleide helikoptervlieënier wat by die Britse Koninklike Militêre Akademie Sandhurst opgelei is. [2]
In November 2003 is Mohammed deur sy vader as Adjunk-kroonprins van Aboe Dhabi aangestel. Ná die dood van sy pa het hy op 2 November 2004 kroonprins geword. Sedert Desember 2004 is hy voorsitter van die Uitvoerende Raad van die Emiraat van Abu Dhabi en ook 'n lid van die Hoogste Petroleumraad. Hy was ook spesiale raadgewer vir die president van die Verenigde Arabiese Emirate, sy ouer halfbroer Khalifa bin Zayed Al Nahayan.
Ander posisies wat hy beklee sluit in voorsitterskap van die Aboe Dhabi ekonomiese ontwikkelingsraad, die Mubadala-ontwikkelingsmaatskappy, die Aboe Dhabi-beleggingsowerheid en die Aboe Dhabi-onderwysraad.
Onmiddellik na die afsterwe van Khalifa, het Mohammed die Emir van Aboe Dhabi geword.[3] ’n Dag later is Mohammed eenparig verkies tot die nuwe president van die Verenigde Arabiese Emirate, wat hom die derde president van die Emirate maak sedert die land in 1971 onafhanklikheid van Brittanje verkry het.[4][5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.