From Wikipedia, the free encyclopedia
Mitridates I (Parties: 𐭌𐭄𐭓𐭃𐭕, Mihrdāt), ook bekend as Mitridates die Grote,[1] was van 171 tot 132 v.C. die Arsakidiese koning van die Partiese Ryk.
Mitridates I 𐭌𐭄𐭓𐭃𐭕 | |
---|---|
Koning van konings, arsakes, filhelleen | |
Mitridates I se portret op die voorkant van 'n tetradragme. Hy het 'n baard en dra 'n Hellenistiese koninklike kopband. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 171-132 v.C. |
Voorganger | Fraates I |
Opvolger | Fraates II |
Oorlede | 132 v.C. |
Dinastie | Arsakiede |
Vader | Priapatius |
Religie | Zoroastrisme |
Gedurende sy bewind is Partië omskep van 'n klein koninkryk tot 'n groot politieke mag in die antieke Nabye Ooste danksy sy oorwinnings.[2] Hy het eers iewers in 163-155 v.C. Aria, Margiana en Wes-Baktrië verower en toe, in 'n oorlog met die Seleukidiese Ryk, Medië en Atropatene. In 141 v.C. het hy Babilonië verower en 'n amptelike inhuldigingseremonie in Seleukië gehou. Die koninkryke Elymais en Charakene het kort daarna Partiese vasale geword.
Mitridates I was die eerste Partiese koning wat die antieke Achaemenidiese titel koning van konings aangeneem het. Dansy sy suksesse is hy al vergelyk met Kores die Grote (bewind: 550-530 v.C.), stigter van die Achaemenidiese Ryk.[3] Mitridates I is in 132 v.C. dood; hy is opgevolg deur sy seun Fraates II.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.