Miguel Hidalgo y Costilla Guadalajara Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Miguel Hidalgo y Costilla Guadalajara Internasionale Lughawe (IATA: GDL – ICAO: MMGL) is die hooflughawe van Guadalajara, Jalisco, Meksiko se derde grootste stad. Dit is in 1966 geopen en is 16 km suid van die middestad geleë. In 2021 het dit 12 243 000 passasiers bedien, en 15 606 600 in 2022, 'n toename van 30,6%.[1] Dit is Latyns-Amerika se negende en Meksiko se derde besigste lughawe, ná Meksikostad en Cancún, en die tweede besigste vir vragvlugte.[2]
Miguel Hidalgo y Costilla Guadalajara Internasionale Lughawe | |||
---|---|---|---|
GDL terminaalgebou se buitekant | |||
IATA: GDL – ICAO: MMGL | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Grupo Aeroportuario del Pacífico | ||
Bedien | Guadalajara, Jalisco | ||
Ligging | Tlajomulco de Zúñiga, Jalisco | ||
Spil vir | Volaris | ||
Fokuspunt vir | Aeroméxico VivaAerobús | ||
Hoogte bo seevlak | 1 529 m / 5 016 vt | ||
Koördinate | 20°31′18″N 103°18′40″W | ||
Landkaarts | |||
Guadalajara lughawediagram | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
11R/29L | 4 000 | 13 123 | Teer |
11L/29R (in aanbou) | 3 538 | 11 608 | Teer |
02/20 | 1 818 | 5 964 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Totale Passasiers | 15 606 600 | ||
Guadalajara se Internasionale Lughawe bestaan uit twee aanloopbane en een terminaal. Dit was 'n belangrike lughawe vir verbindings en het 'n spilpunt geword vir Volaris en sy primêre poort na die Verenigde State.[3] Dit is ook 'n fokusstad vir Aeroméxico en VivaAerobus. Vlugte word onderneem na bestemmings binne Meksiko en na Sentraal-Amerika, die Verenigde State en Spanje. Daarbenewens word vragvlugte na baie bestemmings aangebied, insluitend lande in Asië en Europa.
Die lughawe is vernoem na Miguel Hidalgo, wat die oorlog begin het wat Meksikaanse onafhanklikheid van Spanje verseker het. Hy is die "vader van Meksikaanse onafhanklikheid" genoem.