Michelle Groome
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dr Michelle Jennifer Groome[1] MBBCh is 'n mediese dokter wat in openbare gesondheid gespesiliseer het. Sy is Hoof van die Afdeling Openbare Gesondheidstoesig en Reaksie aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en is Senior Navorser, Skool vir Patologie, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van die Witwatersrand, waar sy doseer en oor nagraadse studente toesig hou. Sy was voorheen Senior Navorser en hoof aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Respiratoriese en Meningeale Patogene Navorsingseenheid. Sy het meer as 15 jaar ondervinding op die gebied van aansteeklike siektes en entstofkunde en was betrokke by die uitvoer van kliniese entstofproewe, respiratoriese en diarreesiektes-toesigprogramme en waarnemingstudies wat die impak, doeltreffendheid, immunogenisiteit en veiligheid van entstowwe in Suid-Afrika bepaal.[2][3]
Michelle Jennifer Groome | |
---|---|
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand |
Bekend vir | NIOS openbare skakeling |
Vakgebied |
|
Instellings | |
PhD Proefskrif | Rotavirus Vaccine and Diarrhoeal Morbidity in South Africa |
Profskriftoesighouer | Prof. Shabir Madhi |
Webwerf | wits-vida |
Twitter-gebruikersnaam | @dr |