![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a8/Michael_Smith_%2528NASA%2529.jpg/640px-Michael_Smith_%2528NASA%2529.jpg&w=640&q=50)
Michael J. Smith
From Wikipedia, the free encyclopedia
Michael John Smith (30 April 1945 – 28 Januarie 1986), (kapt USN) was 'n Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder. Hy was die vlieënier van die ruimtependeltuig Challenger toe dit tydens die STS-51-L-sending vernietig is, toe dit 73 sekondes in die vlug opgebreek het op 'n hoogte van 48 000 voet (14,6 km),[1] wat al 7 bemanningslede se lewens gekos het. Smith se stem was die laaste een wat op die Challenger-stemopnemer gehoor is.[2] Hy was 'n Meester in Wetenskap wat 'n graad in lugvaartingenieurswese gehad het.
Michael Smith | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Michael John Smith (1945-04-30)30 April 1945 Beaufort, Noord-Carolina, V.S.A. |
Sterf | 28 Januarie 1986 (op 40) Kaap Canaveral, Florida, V.S.A. |
Nasionaliteit | ![]() |
Alma mater | Nagraadse Vlootskool, e.a. |
Beroep | Ingenieur en ruimtevaarder |
Gedurende sy vlootloopbaan het Smith 28 verskillende soorte burgerlike en militêre vliegtuie gevlieg en 4 867 ure se vliegtyd opgestel. Na die Challenger-ramp is hy postuum deur die Kongres bevorder tot die rang van kaptein, en 'n leerstoel is ter ere van hom aangewys by die Nagraadse Vlootskool in Monterey, Kalifornië.