Michael IV die Paflagoniër
From Wikipedia, the free encyclopedia
Michael IV the Paflagoniër (Grieks: Μιχαὴλ (Δ´) ὁ Παφλαγών; 1010 – 10 Desember 1041) was van 11 April 1034 tot met sy dood op 10 Desember 1041 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die seun van ’n kleinboer en het die oog van keiserin Zoë Porphyrogenita gevang toe hy aan die hof begin werk.[1][2][3] Hulle het ’n verhouding begin en saamgespan om haar man, keiser Romanos III Argyros, te vermoor. Hy is in 1034 sterwend in sy bad aangetref.[4] Sommige glo hy is in opdrag van Michael verdrink.[5] Michael en Zoë is op dieselfde dag getroud waarop Romanos dood is en Michael is die volgende dag as keiser gekroon.[6][7]
Kitsfeite Bewind, Dinastie ...
Michael IV die Paflagoniër | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Goue muntstuk met Michael IV se afbeelding agterop (regs). | |
Bewind | 11 April 1034 – 10 Desember 1041 |
Dinastie | Masedoniese |
Gebore | Omstreeks 1010 |
Oorlede | 10 Desember 1041 (op 30/31) |
Voorganger | Romanos III Argyros |
Opvolger | Michael V |
Gade | Zoë Porphyrogenita |
Sluit