Messier 89 of M89 (ook bekend as NGC 4552) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M89 behoort tot die Virgo-sterrestelselswerm.[1]

Kitsfeite
Messier 89
Thumb
Messier 89 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
Soort stelselElliptiese sterrestelsel
SterrebeeldMaagd
TipeE, LINER, HIISy2
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12h 35m 39,8s
Deklinasie+12º 33' 23"
Skynmagnitude10,73
Besonderhede
Afstand (ligjaar)50 miljoen
Skynbare grootte 5,1 × 4,7 boogminute
Rooiverskuiwing 0,001134 ± 0,000014
Ander nameM89, NGC 4552, UGC 7760, PGC 41968
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

Eienskappe

Huidige waarnemings dui aan M89 kan ’n byna perfekte sfeervorm hê. Dit is ongewoon aangesien alle ander bekende elliptiese stelsels lang ellipsoïede is. Dit kan egter wees dat dit net sferies van die Aarde af lyk terwyl dit eintlik ellipties is.

Die stelsel het ook ’n omringende struktuur van stof en gas wat tot 150 000 ligjare van die stelsel af strek en strale verhitte deeltjies wat 100 000 ligjare na buite strek. Dit dui daarop dat dit eens ’n aktiewe kwasar of radiosterrestelsel kon gewees het.[2]

Daar is ’n groot aantal bolswerms in M89. Volgens ’n 2006-studie kan daar tot 2 000 wees, in vergelyking met ’n garaamde 150-200 in die Melkweg.[3]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.