Messier 107 of M107 (ook bekend as NGC 6171) is ’n baie los bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is in 1782 deur Pierre Méchain ontdek en in 1793 onafhanklik deur William Herschel.

Kitsfeite
Messier 107
Thumb
Messier 107 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelselBolswerm
SterrebeeldSlangdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming16h 32m 31,86s
Deklinasie-13º 03' 13,6"
Skynmagnitude8,85
Besonderhede
Afstand (ligjaar)20,9 miljoen
Skynbare grootte 13 boogminute
Massa1,82 × 105 M
Ander nameM107, NGC 6171, GCl 44
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Sluit

M107 is eers in 1947 deur Helen Sawyer Hogg in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem saam met drie ander voorwerpe wat deur Méchain ontdek is. Dit is die laaste bolswerm in die katalogus.

Dit is sowat 20 900 ligjare van die Aarde af.[1] Daar is sowat 25 bekende veranderlike sterre in die swerm.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.