From Wikipedia, the free encyclopedia
Messier 102 of M102 is ’n sterrestelsel in die Messier-katalogus wat nie sonder twyfel geïdentifiseer is nie. Die oorspronklike ontdekker daarvan, Pierre Méchain, het later gesê dit was ’n herwaarneming van Messier 101,[1] maar sommige sterrekundiges glo dit kon NGC 5866 gewees het,[2] hoewel ander sterrestelsels ook genoem word as moontlikhede.
Messier 101 (ook bekend as die Windmeul-sterrestelsel of NGC 5457) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Groot Beer. In ’n brief in 1783 het Méchain beweer M102 is ’n foutiewe duplikasie van M101 in die katalogus.[3][4]
NGC 5866, een van die sterrestelsels wat bekend is as die Spil-sterrestelsel, is ’n lensvormige stelsel in die sterrebeeld Draak. Die voorwerp voldoen aan die beskrywing deur Méchain in die gedrukte weergawe van die Messier-katalogus van 1781, asook aan die posisie van die voorwerp soos aangeteken deur Charles Messier in handgeskrewe notas op sy persoonlike lys.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.