Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Meschenet was in die Egiptiese mitologie die godin van kindergeboortes en die skepper van elke kind se ka, ’n deel van die Egiptiese siel, wat sy met die geboorte in hulle geblaas het. Sy is van die vroegste tye deur die Egiptenare aanbid.
Meschenet | ||||
Meschenet as ’n vrou met die simboliese baarmoeder van ’n koei op haar kop. | ||||
Soort godin | Egipties | |||
Godin van | Kindergeboortes | |||
Simbool | Koei se baarmoeder | |||
Metgesel | Andjety | |||
|
In Antieke Egipte het vroue die lewe geskenk deur op twee stene te hurk, en Meschenet is met dié vorm van geboorte verbind. Sy is dus soms uitgebeeld as ’n steen met ’n vrou se kop en ’n koei se baarmoeder daarop. Ander kere was sy ’n vrou met ’n koei se baarmoeder as deel van haar kopstuk.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.