![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/db/Human_penis_sizes_length_only.svg/langaf-640px-Human_penis_sizes_length_only.svg.png&w=640&q=50)
Menslike penisgrootte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Menslike penisse verskil in grootte wat verskeie mates betref, insluitende lengte en omtrek wanneer dit slap en styf is. Benewens die natuurlike variasies van menslike penisse oor die algemeen, is daar faktore wat lei tot variasies in 'n spesifieke man, soos die vlak van seksuele prikkeling, die tyd van die dag, temperatuur, angstigheidsvlak, fisieke aktiwiteit en gereeldheid van seksuele aktiwiteit. In vergelyking met die penisse van ander primate, insluitende die groot spesies soos die gorilla, is die menslike penis die dikste, beide in absolute terme en in verhouding met die res van die lyf.
![]() | Nie vir sensitiewe lesers Van die feite of beelde in dié artikel kan sommige lesers ontstel |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/db/Human_penis_sizes_length_only.svg/640px-Human_penis_sizes_length_only.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/31/Human_penis_sizes_girth_only.svg/640px-Human_penis_sizes_girth_only.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b1/Penile_length-Veale_David_2015_BJU.svg/640px-Penile_length-Veale_David_2015_BJU.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Penile_girth-Veale_David_2015_BJU.svg/640px-Penile_girth-Veale_David_2015_BJU.svg.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f2/Erect_penis_measurement-af.png/320px-Erect_penis_measurement-af.png)
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1d/Flaccid_erect_penis.jpg/640px-Flaccid_erect_penis.jpg)
Die groei van die menslike penis geskied in twee fases: eerstens tussen die babastadium en die ouderdom van vyf jaar, en dan tussen die ouderdomme van een jaar ná die begin van puberteit en op die laatste 17 jaar.[2]
Mates wissel grootliks. Studies wat mans hulle eie penisse laat meet, meld 'n aansienlik groter gemiddelde op as wanneer penisse professioneel gemeet word. In 2015 is in 'n studie met 15 521 mans wat deur professionele gesondheidswerkers gemeet is, bevind die gemiddelde stywe penis is 13,12 cm (5,17 duim) lank, terwyl die gemiddelde omtrek 11,66 cm (4,59 duim) is.[1] In 'n soortgelyke studie in 1996 is bevind die gemiddelde lengte van 'n slap penis is 8,9 cm (3,5 duim).[3] Die grootte van 'n slap penis is soms nie 'n goeie aanduiding van die grootte van die stywe penis nie.
'n Volwasse penis wat abnormaal klein, maar andersins normaal is, word in die mediese wêreld 'n "mikropenis" genoem. Die perk is sowat 7,6 cm (3 duim).
'n Beperkte tot geen aansienlike verhouding tussen penisgrootte en die grootte van ander liggamsdele is in navorsing gevind.