Mayfair, Johannesburg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mayfair is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se F-streek geleë.
Mayfair | |
---|---|
H.V. Agtste Laan en Kerkstraat | |
Koördinate: 26°12′15″S 28°0′41″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,64 km2 (0,63 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 12 027 |
• Digtheid | 7 334/km2 (18 990/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 1.5% |
• Indiërs/Asiërs | 51.9% |
• Bruin mense | 4.1% |
• Swart mense | 31.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 56.3% |
• Afrikaans | 4.2% |
• Tswana | 3.4% |
• Zoeloe | 3.1% |
• Ander | 33.0% |
Die voorstad is 4 km wes van die stadsaal geleë. Dit word geskei deur die spoorlyn na Krugersdorp. In die weste word Mayfair begrens deur Mayfair-Wes. Mayfair is aangelê op die plaas Langlaagte no. 258, waarvan die mineraleregte in 1886 deur J.B. Robinson gekoop is. Die goewermentslandmeter M.C. Vos het die buurt opgemeet en die eerste erwe is op 24 Mei 1896 verkoop. Robinson het sy hoofkwartier hier gehad toe dit meestal kaal veld was en sy eerste verdiepingkantoorgebou hier opgerig. Langermanstraat is genoem na sy algemene bestuurder, wat gekeer het dat die Robinson-myngroep hom in vereenselwig met die Reform Committee. Die voorstad is bes moontlik genoem na die bekende voorstad in Londen.
Hoewel Mayfair ingevolge die Groepsgebiedewet 'n blanke woongebied was, het die Indiese bevolking reeds voor die einde van apartheid skerp begin toeneem sodat dié bevolkingsgroep, tesame met Moslem-immigrante uit die res van Afrika, teen 2011 die meerderheid van die bevolking uitgemaak het.