Mark Gordon (gebore 14 Maart 1957) is 'n Amerikaanse politikus. Hy is op 7 Januarie 2019 as die 33ste goewerneur van Wyoming ingehuldig. Hy het vanaf 2012 tot 2019 as die staatstesourier gedien. Gordon is 'n Republikein.
Mark Gordon | |
Gordon in 2019 | |
33ste goewerneur van Wyoming | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Januarie 2019 | |
Voorafgegaan deur | Matt Mead |
---|---|
29ste tesourier van Wyoming | |
Ampstermyn 1 November 2012 – 7 Januarie 2019 | |
Voorafgegaan deur | Joseph Meyer |
Opgevolg deur | Curt Meier |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Mark Gordon 14 Maart 1953 New York, New York Deelstaat, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Politieke party | Republikeinse Party |
Eggenoot/-note | Jennie Muir (2000–hede) Sarah Hildreth Gilmore (1981–1993; haar dood) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Middlebury College |
Religie | Christen |
Politieke loopbaan
In 2008 was Gordon 'n kandidaat vir die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers. Sy mede-Republikein Cynthia Lummis het vir Gordon in die voorverkiesing verslaan en die algemene verkiesing in November 2008 gewen.[1][2]
Goewerneur Matt Mead het op 26 Oktober 2012 vir Gordon as tesourier aangewys nadat Joseph Meyer oorlede is. Regter William Hill het vir hom op 1 November 2012 ingesweer. Gordon is in 2014 tot sy eerste volle termyn verkies.[3][4]
Gordon het in die 2018-verkiesing vir die pos van goewerneur gestaan en die algemene verkiesing gewen nadat hy sy opponent Mary Throne van die Demokratiese Party met 67% van die stemme verslaan het.[5] Hy is op 7 Januarie 2019 ingehuldig.[6]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.