From Wikipedia, the free encyclopedia
Die fees Mariageboorte word in die kerkjaar van die Rooms-Katolieke Kerk, die Oosters-Ortodokse Kerk en die Anglikaanse Kerk op 8 September gehou. Dit herdenk die geboorte van Maria, die moeder van Jesus van Nasaret.
Die moderne Bybelse kanon verwys nie eksplisiet na Maria se geboorte nie. Die vroegste bekende beskrywing na Maria se geboorte is in die Proto-Evangelie van Jakobus (5,2), 'n apokriewe boek uit die laat tweede eeu, waar haar ouers, Sint Anna en Sint Joachim genoem word, te vinde.[1]
In die geval van heiliges herdenk die Rooms-Katolieke Kerk hul sterfdatum, met Sint Johannes die Doper en Maria wie se geboortedatums ook herdenk word. Die rede hiervoor is die unieke sending wat elkeen in die verlossingsgeskiedenis gehad het,[2] maar tradisioneel ook omdat hulle (nes die profeet Jeremia, Jeremia 1,5[3]) vanaf geboorte heilig was (Maria weens die Onbevlekte Ontvangenis; Johannes is volgens die tradisionele interpretasie van Lukas 1,15 in Sint Elizabeth se baarmoeder geheilig).[4]
Toewyding aan die onskuld van Maria onder hierdie Mariatitel word in baie kulture oor die hele wêreld gevier. Tientalle kerke is aan die leerstelling van Mariageboorte gewy.
Die fees ontstaan aan die einde van die 5de eeu uit die inwydingsfees van die hedendaagse Sint-Anna-kerk in Jerusalem, 'n basilika, wat op die tradisionele geboorteplek van Maria opgerig is. In die 7de eeu is die fees van die Geboorte van Teotokos ("Godbaarder") in die kerke van beide die ooste en die weste gehou.[5] Volgens die datum van Mariageboorte is later die datum van die – jonger – hoogfees Maria Onbevlekte Ontvangenis op 8 Desember, nege maande voor 8 September, bepaal. Saam met die Mariageboorte het Pous Sergius I die Mariafeeste Mariaboodskap, Marialigmis en Mariahemelvaart ingestel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.