Margaret Gardiner
Mej. Heelal 1978 / From Wikipedia, the free encyclopedia
Margaret Gardiner (geb. 21 Augustus 1959 in Kaapstad) is ’n Suid-Afrikaanse joernalis en skoonheidskoningin wat in 1978 op 18-jarige ouderdom as Mej. Heelal gekroon is. Sy het die land as Mej. RSA verteenwoordig en is die eerste Suid-Afrikaner wat die Mej. Heelal-titel gewen het.[1][2]
Kitsfeite
Margaret Gardiner | ||
Margaret Gardiner in 1978 | ||
Gebore | 21 Augustus 1959 (1959-08-21) (64 jaar oud) | |
Plek | Kaapstad, Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner | |
Beroep | Modekoningin, joernalis | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. RSA 1978 Mej. Heelal 1978 | |
Haarkleur | Bruin | |
Oogkleur | Groen | |
Lengte | 1,78 m | |
Persoonlike gegewens | ||
Gade | Prof. André Nel |
Sluit
Sy was vierde van die topvyf toe die eindronde aanbreek, maar is as wenner aangewys nadat al die deelnemers hul laaste vraag beantwoord het. By die geleentheid in Acapulco het sy die kroon ontvang van Janelle Commissiong, die eerste swart wenner van die titel.[1]
Margaret werk nou in Los Angeles as ’n tydskrif- en televisiejoernalis. Sy is getroud met prof. André Nel, afdelingshoof van nanomedisyne aan die Universiteit van Kalifornië (UCLA).[3]