![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Atlas_pittoresque_pl_096.jpg/640px-Atlas_pittoresque_pl_096.jpg&w=640&q=50)
Mana
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mana is ’n woord in die Austronesiese tale wat "krag, doeltreffendheid of aansien" beteken. In die meeste gevalle word die krag as bonatuurlik beskou.[1] Die presiese betekenis van die woord verskil van taal tot taal.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Atlas_pittoresque_pl_096.jpg/640px-Atlas_pittoresque_pl_096.jpg)
Dit is ’n belangrike begrip in Polinesiese kulture. Die term het onder die aandag van Westerse antropoloë gekom deur die verslae van sendelinge op die eilande.